Die gedagte met die Afrikaans oppie Net kenteken is om vir mense wat die Net bereis 'n vinnige aanduiding te gee dat hulle op 'n vriendelike Afrikaanse plek geland het. Verder, alhoewel dit nie die primêre doel van die kenteken is nie, behoort die lys van skakels wat via die Afrikaans oppie Net skakel bereik kan word, met toenemende gebruik van die kenteken te groei.
Die feit dat die kenteken op 'n webblad is, is nie noodwendig 'n aanduiding van goedkeuring van die inhoud nie, maar net dat Afrikaans daar gepraat word.
As jy die Afrikaans oppie Net kenteken (die dinamiese weergawe) wil gebruik op jou tuisblad, gebruik die volgende "HTML" kode (om te sorg dat jou blad altyd die mees onlangse weergawe van die kenteken gebruik):
<a
href="https://members.tripod.com/vds/afroppinet/">
<img src="https://members.tripod.com/vds/afroppinet/netafrikaans.gif"
alt="Afrikaans oppie Net" width="88" height="31">
</a>
Of, as jy 'n kopie van die kenteken in dieselfde gids ("directory") as jou blad het
<a
href="https://members.tripod.com/~vds/afroppinet/">
<img src="netafrikaans.gif" alt="Afrikaans oppie Net"
width="88" height="31">
</a>
As jy om een of ander rede nie die kenteken wil gebruik nie, maar nog steeds wil deelneem aan die "program" kan jy altyd die volgende skakel gebruik:
<a
href="https://members.tripod.com/~vds/afroppinet/">
Afrikaans oppie Net</a>
Hieronder is hoe die kenteken lyk:
![]()
Beskrywing van die kenteken:
Die grafiese element aan die linkerkant van die kenteken is 'n voorstelling van 'n gesig wat praat. Die kleurverandering van die teks dui aktiwiteit aan - Afrikaans wat "gestuur" word na die Internet.
Laat weet asseblief as jy die kenteken en/of skakel gebruik, sodat ek jou skakel by die Afrikaans oppie Net lys van skakels kan voeg.
Jy kan waarskynlik by jou internet verskaffer webspasie huur, of by 'n ander webverskaffer wat moontlik beter en/of goedkoper dienste verskaf.
Of, as jy 'n gratis "persoonlike" tuisblad wil opstel, kan jy gebruik maak van 'n webspasieverskaffer soos een van die volgende:
Om jou bladsy "meer sigbaar" vir soekprogramme te maak,
kan jy die volgende in die <HEAD>...</HEAD> gedeelte van jou
bladsy gebruik:
<META name="keywords" contents="Afrikaans,
..., Afrikaans oppie Net">
<META name="description" contents="Hierdie blad handel oor...">
Dis ook goed om die gedeelte tussen <TITLE> en </TITLE>,
sowel as die eerste paragraaf na <BODY> redelik beskrywend te maak.
Verder kan daar van 'n tuisblad registrasiefasiliteit gebruik gemaak word, bv. Submit It!
Ek verwelkom enige voorstelle wat julle wil maak.
Groete
Laas bygewerk: 2003.03.09
© 1997-2003 Edwin
van der Spuy