Groetnis uit IerlandHier sit ek in 'n fraaie land wat skaars 18 grade in die middle van die sommer kan behaal. Ek en my vroutjie en vier kinders is vanaf Bloemfontein waar ons lekker op n plot gewoon het. Jy weet mos... 'n Paar koeie, hoenders, en 'n groente tuintjie wat so met die boorgat aan die lewe gehou is. Een van die dinge waaroor ons dikwels gesels, glo dit of nie, is daai September middae se rooi stof storms wat so van Bultfontein af, Bloemfontein binneval. Die modder reen is moeilik om aan die mense hier to verduidelik en vir hulle seker net so moelik om te glo. Net soos sy gehuil het toe ons in Bloemfontein aangekom het, so huil my Ierse vroutjie nou om weer daar te wees. My werk is oor nog sowat 5 jaar hier klaar... dan trek ons weer sak en pak terug Bloem toe. Groetnis aan almal daar... in Boere Land... ons mis die klippies en Coke.!! |