Skryf iets vir uithoeke

vorige bladsy

As jy Afrikaans praat, en iewers buite Suid-Afrika woon, stuur asselief vir my 'n kort beriggie oor jou wedervaringe. En as julle 'n braai of iets beplan vir Afrikaanses, sê vir my, sodat ons dit hier kan bekendmaak.

Jy mag miskien wonder wat presies Uithoeke nou eintlik is. Dis 'n virtuele Afrikaanse nuusbrief vir mense wat Afrikaanse buite Suid-Afrika gebruik, 'n plek om net lekker te gesels oor ons wedervaringe, watter aanpassings ons moes maak, of ons nog geleentheid kry om Afrikaans te praat, allerhande sulke dinge. Jou moedertaal hoef nie noodwendig Afrikaans te wees nie, en jou geboorteland hoef nie noodwendig Suid-Afrika te wees nie, en jou bydrae hoef nie 'n stukkie taalkundige of letterkundige volmaaktheid te wees nie.

Ek hou die reg voor om te besluit of ek jou berig sal insluit of nie. Ek mag dit moontlik ook 'n bietjie redigeer...

 -->

terug na Uithoeke inhoud <-- 

"Waaroor moet ek skryf?", vra jy miskien.

Het jy 'n bietjie rondgereis? Is daar interessante plekke wat ons behoort te sien as ons in jou algemene omgewing is? Of het jy miskien 'n draai in Suid-Afrika gemaak? Hoe't jy dit ondervind? Is dinge baie anders as toe jy laas daar was?

Watter dinge het jy agtergekom oor waar jy nou leef wat interessant mag wees vir nuwe aankomelinge om te weet? Kry jy baie geleentheid om Afrikaans te praat, of sien jy nooit iemand in jou omgewing wat Afrikaans magtig is nie?

Dis die maklikste vir my as jy die gedeelte wat jy geplaas wil hê so sal aandui:
---Vir plasing in Uithoeke---
en dit eindig met:
------
Gebruik ook asseblief in die onderwerplyn van jou e-pos die frase "Bydrae vir Uithoeke" en stuur dit aan my by vds@msn.com.

Tensy jy ander aandui, sal ek 'n skakel na jou e-pos adres saam met jou artikel plaas.

volgende bladsy

As jy 'n "rubriek" op jou webarea wil hê wat jý in stand hou, maar wat jy wil hê moet deel vorm van Uithoeke, laat weet vir my, en dan kan ons bespreek wat die beste manier sal wees om dit te implementeer.

 

Edwin van der Spuy - vds@msn.com - Web-adres: https://members.tripod.com/~vds
Kopiereg © 1997, Edwin van der Spuy. Alle Regte Voorbehou